Royal Prestige Slaughter Lamb Competition

Van die 182 slaglammers van verskeie skaaprasse wat by die Royal Agricultural Exhibition deelgeneem het, het die Dormers skoon skip gemaak!

2Broers Dormers het in die ligte klas die beste karkas gewen met ‘n uitslagpersentasie van 56% en ‘n prys van R600 per kg behaal.

Hatari Farming het die toekenning vir die beste groep van vier karkasse gewen.

Gras Karoo Dormers het in die swaarklas kategorie die super lam toekenning ingepalm met ‘n karkas wat ‘n uitslagpersentasie van 55% behaal het.